• hat.jpg
  • horses.jpg
  • kids.jpg
  • riding.jpg
  • saal.jpg

 

Plaasvakansies

Plaasvakansies is ‘n wonderlike oplossing vir ‘n lang skoolvakansie wanneer u moet werk.

Vyf tot agt dae kampe word tydens vakansies aangebied waartydens kinders eerstehandse kennis van die plaaslewe kan opdoen. Slegs ‘n beperkte aantal kinders word per kamp toegelaat om individuele aandag aan elke kind te verseker. Ouers is welkom om hul kinders te vergesel, maar 24-uur volwasse toesig, huisvesting en drie etes per dag word voorsien. Kampe het ’n Christelike inslag en kampgangers woon die oggend en aandgodsdiens by.

Aktiwiteite gedurende die vakansie:

  • Vlotbou
  • Kleilat speel
  • Houtwerk
  • Skaapskeer
  • Koeie melk
  • Varke kosgee
  • Kalwers melkgee
  • Eiers uithaal
  • Stalle versorg
  • Perdrylesse
  • Perde roskam
  • Swem in die plaasdam
  • Nagmars en lanternbekruip
  • Voldaguitritte met piekniek in die veld
  • Perdekar-en trekkersleepwa uitritte

 

Mooikrans Equus is die perfekte vakansiebestemming vir kinders gedurende die skoolvakansie. Met goed opgeleide en gekwalifiseerde personeel is jou kinders in veilige hande.  Hier waar kinders nog kinders kan wees.

Kampgelde sluit akkomodasie, drie maaltyeper dag en alle aktiwiteite in.  Eie beddegoed word benodig.

 

 

Proudly created by The Code Company © 2017 [Login][sitemap]