KOMMENTAAR
BRIEWE VAN OUERS
Mooikrans se Ruiterskapkursusse word in Dubai aangebied:
Sarel en Anschen du Plessis skryf uit Dubai - 3 Augustus 2010
Nuus hierdie kant is dat ek al die afgelope paar maande aan beplanning werk om vir Sarel en Marcel 'n geleentheid te kry sodat hul die perde-kursusse kan aanbied in Dubai en soos jy weet, is dit half 'n onmoontlike taak gewees.
Maar met die lang vakansie op hande het ek weereens advertensies opgestel, die Mooikrans Equus kursusmateriaal in Engels vertaal en ons het die eienaar van ons Perdryskool genader en hy het sy toestemming gegee dat ons met die kursus kan voortgaan op sy perseel.
Ons noem die kursus net NATURAL HORSEMANSHIP en beplan om die ouens bietjie beter bewus te maak van die perd se natuur, sy liggaamstaal, hoe om na die perd te kyk, ens. Die eienaar is baie opgewonde, want hy voel die mense verniel sy perde en dat die huidige perde-hanteerder is 'n vrou en niemand luister na haar nie, so hul maak met die perde net soos hul wil.
Hy voel dit sal die mense help om sy perde beter op te pas en beter te verstaan en selfs 'n liefde vir die perd te kweek.
Ons is baie opgewonde hieroor. Jy sal nie glo hoeveel volwasse arabiermans na die kursus wil kom nie. Bid asb. dat die kursus 'n sukses sal wees.
Ag, ons verlang na jul, maar bid vir jul en wens ons kan jul binnekort sien.
Gail Stroh
Ek wil net die geleentheid gebruik om baie dankie te se vir die tyd wat Shane en Monique by julle kon kuier. Ek moet eerlik wees en vir jou se dat ek baie skepties was om hulle te stuur. Shane het nog elke jaar vir my die briefie gebring en nog elke jaar het ek dit weggegooi omdat ek te bang was om haar in net eenig iemand se sorg te los (maar 'n oorbeskermende ma!!). Estelle het my oortuig om hulle in te skryf nadat hulle gese het hulle wil gaan.
Dit het hul altwee se selfvertroue gehelp en vir hulle die wereld beteken – hulle kan nie ophou praat oor hulle week saam met julle en die perde!!
Dit lyk vir my ook dat dit nie die laaste keer gaan wees wat julle hulle sien nie, altwee wil weer op Mooikrans kuier.
Baie dankie vir die wonderlike verskil wat jy en al die mense wat by die kamp help in ons kinders se lewe gemaak het. Ons waardeer dit omdat dit is nie eenigeen wat hulle tyd vir kinders opoffer nie!
Willemien Von Solms
My twee seuns, Dewald en Rohan, het in Desember die voorreg gehad om Mooikrans te besoek vir 'n perdryvakansie. En wat 'n voorreg was dit nie. Ek het regtig nie verwag dat die vakansie so 'n groot impak op die kinders sal hê nie. Dit is veral die geval met die oudste, Dewald, wat nie uitgepraat kan raak die die "beste vakansie ooit" nie. Hy het so baie oor perde, menseverhoudings en homself geleer en is ongelooflik positief na sy vakansie. Ek hou goeie moed dat die positiewe gesindheid ook in skooljaar sal voortduur.
Rohan het die vakansie net so geniet en is vasbeslote om met die volgende vakansie sommer twee kursusse aan te pak.
Verder is ek reeds deur die twee ingelig dat hulle Junie-vakansie vir twee weke Mooikrans toe gaan en dat ek solank daarvoor moet begin spaar. Met sulke resultate gaan ek verseker sorg dat hulle weer Mooikrans toe kom.
Ek is ook baie beindruk met die personeel wat met die kinders werk en kan net vertrou dat my twee seuns ook eendag in sulke aangename jong mense ontwikkel.
Die Von Solmse sien julle weer in Junie.
Tiaan and Leonie, Ermelo
Dankie vir 'n wonderlike plek – ons los ons kinders daar met geruste harte, want ons weet dat hulle waardes daar leer wat belangrik is. Julle doen wonderlike werk en dit is 'n voorreg ons kinders na Mooikrans te stuur.
Wilna Grobler, Middelburg
Wil net weer baie dankie sê vir die wonderlike kamp wat julle vir die kinders aangebied het. Hulle het dit albei vreeslik geniet, ons ore het behoorlik getuit oppad terug huis toe van al die stories wat vertel word.
Gerhard en ek praat so, dit is so lekker om te sien hoe die kinders borrel van geluk, dit is genoeg dankie vir ons as ouers om dit vir hulle te kon moontlik maak. Daar is reeds vir ons vertel dat hulle weer wil gaan, en het reeds begin planne maak om te spaar. Dit is Pa se voorwaarde, dat hulle moet spaar om te help betaal.
Die DVD is ook al 'n paar keer deurgewerk, nou sit hulle met die groot verlang na die plaas en die perde. Karla wil nou net elke dag perd ry, die gogga byt behoorlik. Is jammer dat ons nie perde het.
Sterkte vir al jul bedrywighede vir die res van die jaar, God's rykste seën vir julle met die wonderlike werk wat julle vir ons kinders doen.
Sheryl en William Jordan
Ons wil graag vir tannie `n paar foto's stuur van ons laaste kampdag vir 2008/9 wat my pa geneem het. Hoop dit vat nie te lank om af te laai nie, dit is so bietjie kleiner gemaak.
Weereens baie dankie vir `n lekker kamp, ons wil baaaaie graag weer gaan - dit was lekkerste kamp ooit!
Dominee Awie en Marlene Verhoef, Wierda Park, Pretoria
Toe ons gesprek op pad hierheen afgesny was wou ek nog sê dat ons vir lank nog die herinneringe van Mooikrans en sy mense met ons sal dra. Dit was werklik vir ons albei 'n heerlike en ontspanne tyd ten spyte van die verantwoordelikheid van die kamp.
Baie dankie vir die uitsonderlike ervaring wat julle op Mooikrans bied. Dankie ook vir die wonderlike manier waarop jy (julle) moeite gedoen het om met ons te gekuier het. Ek het maar net weer agtergekom dat 'n mens in die stad baie inboet aan kwaliteit en die eenvoud van die lewe. Dis maklik om te sê dat die stad in die mens is - en dis waar! - maar daar is darem iets te sê vir 'n kuier weg van die stad se gewoel!
Hoop om julle (eerder gouer as later) weer te sien!
Daleen de Wet, Witbank
Markus en Lienke kan nie uitgepraat raak oor hierdie kamp nie – Ek dink dis omdat dit nou die 2de een was en hulle het geweet wat om te verwag – hulle het die minder kinders ook geniet. Markus het gisteraand so staar uitdrukking gekry en toe ek vra wat nou - toe se hy hy wil NOU op Mooikrans wees. Dit gee mens 'n warm gevoel dat jy weet hulle geniet dit werklik en dat mens op die regte plek is!
Alet Ueckermann, Kempton Park
My kinders het jou kamp bygewoon hierdie laaste week en ek moet julle komplimenteer. Ek was baie bekommerd oor my oudste kind voordat hy soontoe gekom het. Hy het geen lus vir die lewe gehad nie en ons het permanent vasgesit oor die kleinste dingetjies. Ek het 'n totale ander kind terug gekry na die week by julle. Hy is gehoorsaam, vriendelik en 'n plesier om in die huis te he.
Ek dink julle bied 'n wonderlike geleentheid vir kinders aan om daarna toe te kom en ek sal vir seker vir almal wat ek kan vertel daarvan. Die Here het julle toegerus om hierdie werk te doen en julle doen dit wonderlik. Ek wil julle graag bedank vir dit wat julle vir my kind en vir ons gedoen het.
Marlene Malan en al die Cmr kantore van Delmas, Secunda en Standerton
Beste Elna en Gavin
Hiermee wil ons net weer baie dankie se vir die wonderlike ervaring wat ons as maatskaplike werkers by Mooikrans kon gehad het. Ons het al baie gehoor van die terapeutiese waarde wat perde op mense en veral kinders kan he. Nou het ons dit eerste hands ervaar en is ook beiindruk met al die ander aktiwiteite en programme wat aangebied word. Dankie vir die heerlike verversings met aankoms en ook die bederf met die middag ete en nagereg. Gavin dit was uit die boeke. Ek glo ons gaan nog baie van julle gebruik maak in die toekoms omdat ons kon sien hoe dat stukkende mense en kinders weer daar by julle heel kan word en dit weer reg kry om te kan cope in ons gebroke wereld. Soos ons gese het, daar is 'n paar van ons wat ook gaan baat vind by 'n kuiertjie op die plaas.... God se rykste seen word op jul afgebid vir die wonderlike werk wat julle doen en dankie dat ons julle as 'n hulpbron kan gebriuk
Tarryn Dalton
To my dearest aunty Elna
My name is Tarryn Dalton , I went to Clivia Primary
Horse Riding is my passion , always was and always will be !
I came to mooikrans in 2004 for a prefect camp.. your amazing place touched my heart , and im pretty sure its my favourite place on this earth!
I fell in love with the place the people and all the horses .. although when I came you gave me ''as'' who was a bit moody :) , then i came for a second tie and i got the baeautiful ''klinker'' . When i left , and got back to school and back to reality ! i felt so sad .. all i wanted was to be there .
well now im 20 and I think about mooikrans all the time , you instill such wonderful values and you teach so much !
thank you for everything you do .
I live in Australia now , very far from home ! but im coming to S.A next year and my goal is to come there again , i have to :) there is such a peace about it.
I hope you get this email !
hope to see you soon x
Liechen Kruger, Secunda
Hi Elna,
Sjoe dis nou 'n groot verassing!! Ek weet nie hoe julle gehoor het nie, maar ons is verskriklik trots op Waldo. Hy is nou net 'n jaar in Kruinpark, en hy't homself waarlik bewys.
Mooikrans het 'n groot aandeel aan sy leierskap, julle het hom 'n positiewe en stralende kind gemaak.
Marlize, SOLIDARITEIT VROUE IN AKSIE, Heidelberg
Liewe Mooikrans-span,
Die seer sitvlakke, stywe nekke en moeë lywe is nou al vergete en ons hardloop al weer almal volstoom in ons programme hier in Heidelberg.
.....maar ons praat al klaar van vòlgende jaar se kamp!
Nogmaals baie dankie vir wat julle vir die meisies beteken het en hoe julle gehelp het om in hul lewens in te bou.
Ons sien uit na jul Heidelberg kuier!
Terugvoering van skoolgroepe
Dear Elna, Gavin and Izak,
I trust that you are all well, and had some rest time after Class 7b left you!
Thanks Elna and Gavin for your sms'es – I appreciate your words and your being in contact with me. Thanks too for the way in which you assisted me as I organised things from our side.
The camp stories are still rolling in – it is so very, very obvious that our children and teacher had a special and blessed time.
As fellow humans, and as a camp facility, your really are offering something special and we thank you for that!
Kiki said that she has never seen Ms Blankers looking so relaxed and healthy. It means so much to us that she too had a good time and felt supported.
I wish you could have seen the kids when they got off the bus – they were so alive and enthused. The energy has remained – Ms Blankers said they had a wonderful day at school today, were happy to see each other again and to continue with their bonding. Their spirits really are high – we feel that each child received a gift from Mooikrans and from yourselves. Thanks for giving them space to breathe out, to meet challenges, to be seen; thanks for being flexible with the programme, for giving children a "real" space to operate in, for "seeing" what they need and for your obvious love and care. It feels like you understand the balance of life!
Personally I thank you for not phoning us when Christiaan fell off his horse etc. – thanks for holding that in your space, and not allowing an unnecessary "worrying" energy to come our way. His mom says that although he did not ride again, he still felt very much included and special.
From the stories I have heard from my son, Arion, it sounds like Gavin really has a winning way of explaining and holding the rules and winning them over. Thanks Gavin. And according to Ms Blankers your star-telling-stories were perfect!
My child is still on "Cloud 9" – loved being there, wants to come back and wants to ride again. For this Class, it definitely has been their best camp ever.
I spoke to Ms Blankers today – she too says that she is still on another planet – and that this camp is just what they needed – very special and very real.
I sincerely hope that some other Michael Mount classes will be visiting you. I will forward your e-mail about the upcoming camp in April. And I will most definitely be coming to visit with Saskia and Arion again.
Thanks, thanks, thanks. You have given us a real gift.
Please come and say hello when you are in Joburg.
All the best,
Corine
Noela Koen, MICHAEL MOUNT WALDORF SCHOOL
Hello Gavin and Tannie Elna
You beat me to it!!
Thank you for the wonderful, warm hospitality extended to my daughter Courtney, during the Michael Mount Waldorf School camp.
Courtney loved her time at Mooikrans and was so sad to leave you all….she fell in love with Lezar and misses her terribly! I think Courtney found a part of herself during her stay and she will cherish the memories for years to come. Courtney will certainly be back during school holidays to visit old friends.
Heartfelt thanks for looking after Courtney so well!
