OMTRENT ONS
'n Opvoedkundige Sentrum met 'n Christelike grondslag. Die 42 pragtige, geskoolde perde is die trots van die plaas en word met uitnemende resultate gebruik in al die opvoedkundige programme wat aangebied word.
Ons is reeds die afgelope 15 jaar landswyd bekend vir ons gasvryheid, die hoë standaard van al ons aktiwiteite en ons netjiese kampterrein. Vele besoekers bestempel Mooikrans as 'n lewensveranderende ervaring.
Mooikrans is geleë op die eskarp van die hoëveld van Mpumalanga, tussen Morgenzin en Amersfoort. Oop, wye vlaktes, wuiwende grasvelde, spruite met helder skoon water, kranse en rante word deurkruisop die rug van een van ons pragtige opgeleide western perde.
Mooikrans Equus bied die volgende programme:
1. Equine Facilitated Psychotherapy
2. Horse Riding Holidays (Farm Holidays)
3. Family Getaways
4. Educational Camps and Corporate Teambuilding
5. Leadership Development, Veld School, Landsdiens, Teambuilding, Voortrekkers, Scouts and Guides, ect.
6. Accommodation
For more information on what programmes Mooikrans Equus has to offer and what the tariffs are click here
ELNA WAHL
BA Sielk NHOD
Elna het as onderwyser, wat gemoeid was met die vak "Opvoedkundige Leiding", diep onder die indruk gekom van die probleme waarmee hedendaagse kinders worstel. Op haar plaas, Mooigelegen, waar perde altyd die middelpunt van alle aandag was, was daar dan ook gedurig besoekertjies wat "so 'n bietjie kom asem skep" teen die aanslae van die lewe daar buite. Die terapeutiese waarde van hierdie besoeke aan die plaas, was so dramaties en duidelik sigbaar dat Elna die onderwys opgesê het...
GAVIN COOPER
N. Dip Hospitality Management
Int. Dip Hospitatlity Management
Ek het Mooikrans ontdek in die winter van 2008 nadat 'n goeie vriendin, Jeanette Beetge, my gevra het of ek nie sal instaan as 'n kok tydens daardie Junie vakansie. Alhoewel ek by die International Hotel School besig was om te studeer, is ek nie 'n Chef nie. Maar ek het gedink dat dit lekker sou wees om 'n vakansie werk aan te pak en het gereken my kook vernuf vir sowat 40 mense sou my nie in die steek laat nie. Dankie tog het Leah...!
