 |

Opvoedkundige programme
Ordereëlings vir groepe (groepe vergesel van Kampvoogde) (PDF)
Kampreëls (PDF)
Veldskoolkampe
Mooikrans Equus bied 'n unieke alternatief vir die bekende veldskoolgedagte. Skole kan 'n keuse maak uit die verskeidenheid van onderwerpe wat deur die span van Mooikrans aangebied word. Die praktiese komponent van elke onderwerp maak 'n blywende indruk op elke leerling.
Alle aktiwiteite word deur die personeel aangebied en behels onder meer:
- Daaglikse perdryafrigting vir beginners en uitritte in die veld.
- 'n Dag se langafstanduitrit met piekniek in die veld
- Kort lesings oor perde, bv. die lyftaal van 'n perd, perdesiektes, die versorging van my ryperd, die keuse van 'n geskikte ryperd ens.
- Houtwerk doen, klei osse maak, en skape skeer
- Koeie melk, kalwers en lammers melkgee, eiers uithaal, ander plaaswerkies soos voer vir die diere uitry met die sleepwa.
- Kalwers ry of die kwaai skaaprammetjie terg
- Swem in die plaasdam, kleilat gooi, moddergevegte en ander avontuurlike buitespeletjies soos lanternbekruip en vlagroof
- Perdekarretjie en trekkertjie-en-sleepwa uitritte.
terug bo 
Leierontwikkelingkursus
Hierdie kursus bied aan elke kind die geleentheid om die leierseienskappe waaroor hy mag beskik, te ontwikkel en uit te bou. Dit sluit in vaardighede soos selfvertroue, verantwoordelikheid, kommunikasievaardighede, probleemoplossing; die hantering van kritiek en krississe.
[ meer inligting ]
terug bo 
Spanboukampe
Spanboukampe word vir die reeds gekose leiers van 'n skool aangebied.
Van die onderwerpe wat hanteer
word, is:
- Wat verwag die skool van my
- Beplanningsmetodiek vir projekte, funksies, ens.
- Samewerking in groepsverband
- Motivering van medeskoliere
terug bo 
Naweekuitritte
Tydens ons naweekuitritte word die besoeker onthaal op egte plaasgasvryheid met heerlike etes.
- Aankoms: Vrydagmiddag of -aand.
- Saterdag oggend vertrek die ruiters na ‘n stewige ontbyt op ‘n sowat 20 km voldaguitrit, geniet middagete in die veld en keer terug kamp toe teen 16:00. Dan volg ‘n heerlike vleisbraai met skaaptjops, beesvleissosaties, boerewors, pap en nog vele meer.
- Sondag oggend nuttig die ruiters koffie en beskuit , saal op vir ‘n skof tot 11:00 wanneer padkos in die veld geniet word en keer terug na die basiskamp om teen 13:00 aan te sit vir ‘n volwaardige Sondagmiddag ete waarna almal huis toe vertrek.
- Die totale koste vir hierdie heerlike perdrynaweek is slegs R750 per persoon. Minimum aantal persone 8.
terug bo 
Landsdienskampe
Ons pragtige omgewing en die natuurskoon van ons plaas, waar ons beweegruimte van ongeveer 4 000 ha het, bied die geleentheid vir Landsdiensgroepe om hul kennis van die natuur uit te bou.
'n Groot verskeidenheid grassoorte, veldplante en 'n wye verskeidenheid wildspesies word op Mooikrans aangetref. Silwerskoon fonteine ontspring uit die plaas en vorm standhoudende waterlope. 'n Pragtige bloekombos bied genoeg skuiling vir 'n avontuurlike "buite-slaap" onder die sterrehemel.
terug bo 
Voortrekkerkampe
Voortrekkerspanne kom na Mooikrans om hul kenteken in ruiterkuns te verwerf. Lesings in hierdie verband word deur die kundige personeel van Mooikrans aangebied.
Voortrekkers Spesiale Onderskeidingskentekens
Vir Voortrekkers is dit dus dié plek en geleentheid om verskeie Spesiale Onderskeidingskentekens te verwerf.
Die VOORTREKKERS se Nasionale Jeugberaad is vanjaar op MOOIKRANS gehou gedurende die langnaweek in April. Dit was vir Mooikrans ‘n voorreg om hierdie lieflike beweging tot diens te wees. Altesaam 95 Verkenners het hul Ruiterskapkenteken hierdie naweek verwerf.
terug bo 
Anglo Boere-Oorlog (Voorgestelde program)
'n Besoek aan Mooikrans vir die Anglo Boere-Oorlog kan as volg beplan word:
Vrydag
- 15:00 Vertrek na Mooikrans
- 17:00 Ry oor Standerton en besoek die konsentrasiekamp kerkhof op Standerton. Besoek ook die monument wat opgerig is vir mev. Magrietha Swart wie se agt kindertjies, in die tydsbestek van 'n enkele week, gesterf het.
- 19:00 Stop op Morgenzon by die NG Kerk Terrein by die Monument vir Boerekrygers wat gedurende die oorlog gesterf het.
- 19:30 Ry oppad na Mooikrans, verby die bekende baken, Bloukop, waar skermutselings tussen die Boere en die Britte plaasgevind het. Daar is nog oorblyfsels te sien van die heliograafstasie wat gedurende die oorlog gebruik is.
- 19:30 Aankoms op Mooikrans Equus.
- 20:00 Aandete en Opwas
- 21:00 Lesing vir voornemende ruiters. "Die gedrag van die perd, sy lyftaal en van watter betekenis dit vir die voornemende ruiter kan wees."
- 22:00 Kort oorsig oor die rol van die perd in die Anglo Boere-oorlog.
- 22:30 Nagmars van +3 km. Hou koers m.b.v. die sterre. Beklemtoon die onherbergsaamheid van die Hoëveld gedurende die wintermaande, tydens die Verskroeide Aardebeleid van die Engelse.
- Aandgodsdiens. Slaaptyd
Saterdag
- 6:00 Opstaan. Voer die plaasdiere. Oggendgodsdiens. Ontbyt
- 8:30 Perdry. Beginners leer in ryskool. Ervare ruiters ry uit in die veld.
- 13:30 Middagete. Stokbrood by die plaasdam.
- 14:30 Swem en kleilatspeel
- 18:00 Uitstappie na die kranse om die sonsondergang te beleef.
- 20:00 Aandete
- 21:00 Videovertoning: Slag van Majuba
Sondag
- 7:00 Opstaan, ontbyt, voer die plaasdiere. Oggendgodsdiens.
- 9:30 Perdry
- 13:00 Middagete
- 15:00 Vertrek
terug bo 
Penkoppe en Drawwertjies
- Anglo Boere Oorlog
- Veldkook
- Dierekennis
- Plaaslewe
- Ruiterkuns
- Sterrekunde
- En nog vele meer
terug bo 
|