PERSONEEL
ELNA WAHL
BA Sielk NHOD
Elna het as onderwyser, wat gemoeid was met die vak "Opvoedkundige Leiding", diep onder die indruk gekom van die probleme waarmee hedendaagse kinders worstel. Op haar plaas, Mooigelegen, waar perde altyd die middelpunt van alle aandag was, was daar dan ook gedurig besoekertjies wat "so 'n bietjie kom asem skep" teen die aanslae van die lewe daar buite. Die terapeutiese waarde van hierdie besoeke aan die plaas, was so dramaties en duidelik sigbaar dat Elna die onderwys opgesê het, haar 'n jaar aan verdere studies in Perdgefasiliteerde Psigoterapie gewei het, en Mooikrans Equus in 1994 gevestig het. Bewens haar onderwysdiploma en BA Sielkunde-graad is Elna ook tans lid van die Equine Facilitated Mental Health Association in die VSA.
Instrukteers
Verskeie instrukteurs is op 'n deeltydse grondslag werksaam. Elkeen het 'n opleidingskursus deurloop en is daarna gekeur om op uitnodiging op Mooikrans te werk. Die oorgrote meerderheid van hierdie persone is voltydse studente aan universiteite met 'n passie vir opleiding, perde en mense.
GAVIN COOPER
N. Dip Hospitality Management
Int. Dip Hospitatlity Management
Ek het Mooikrans ontdek in die winter van 2008 nadat 'n goeie vriendin, Jeanette Beetge, my gevra het of ek nie sal instaan as 'n kok tydens daardie Junie vakansie. Alhoewel ek by die International Hotel School besig was om te studeer, is ek nie 'n Chef nie. Maar ek het gedink dat dit lekker sou wees om 'n vakansie werk aan te pak en het gereken my kook vernuf vir sowat 40 mense sou my nie in die steek laat nie. Dankie tog het Leah, ons huidige kok, die dag na my aankoms by Mooikrans begin werk.
Ek het vir die res van die vakansie opgetree as 'n Personeellid.
Mooikrans Equus is werklik waar ek my hart gevind het. Dit is ook op 'n perd se rug tydens 'n opwindende gallop oor die oop vlaktes van die veld waar ek die Here se nabyheid kan voel.
Daarna het ek elke vakansie op Mooikrans gewerk. Ek het hierdie jaar my National en International Diploma in Hospitality Management voltooi. Drie dae na my finale eksamen het ek permanent by Mooikrans aangesluit.
Ek is tans besig met my Basic Ambulance Assistant kursus waarna ek 'n gekwalifiseerde Basic Life Support Paramedikus is. Dit gaan baie voordelig wees om enige noodsituasie op Mooikrans te kan hanteer. Voor-Hospitaal Sorg kan die verskil tussen lewe en dood beteken.
My liefde vir perde en mense maak hierdie werk 'n wenresep. Elke dag wat ek opstaan voel ek 'n rustigheid in my hart wat my laat weet dat daar 'n doel met my is, soms moet ons net stil word en luister na Sy opdrag.
