Sosiale programme

 

Mooikrans Equus bied 'n gerieflike tuiste en ontspanningsaktiwiteite vir die stadspersoon wat 'n bietjie weg wil breek van die daaglikse gejaag. Die stilte, natuurskoon en fisiese bedrywigheid sorg vir welkome afleiding en terapie om die spanning hok te slaan.

Wegbreeknaweke

Kom geniet 'n heerlike naweek in die vars lug en rustige plaasatmosfeer van Mooikrans. Kom ry perd, stap langs ons pragtige roetes, kyk sterre in die skoon hemelruim van die hoëveld, sit saans by die kampvuur,of in die winter om die kaggel, en geniet Mooikrans se heerlike etes.

Begeleide toere en uitstappies

Ons onderneem begeleide toere, per motor of te perd, vir toeriste in die hele Grass and Wetlands Toerisme gebied.

Langafstand uitritte

Die avontuurlike roete lei deur 'n gebied van ongeveer 9 000 ha en word in twee dae afgelê. Die pragtige, en dikwels nog ongeskonde, natuurskoon en dierelewe, maak hierdie plesierritte 'n onvergeetlike ervaring.Ons ontvang 8 – 30 ruiters per keer en voorsien etes, huisvesting, ryperde, saals, tooms, 'n roeteleier, en 'n ondersteuningsvoertuig.


Kopiereg, ©Mooikrans Equus, 2008 - alle regte voorbehou
Laaste opdateering: 19-Okt-2009
Rapporteer enige tegniese probleme aan Newsbeat Developments
Webbladontwerp en -ontwikkeling:
Newsbeat Developments