TARIEWE EN PROGRAMME
Opvoedkundige Programme
Met alle programme word die opvoedkundige en terapeutiese waarde van perdry en die algemene samesyn met hierdie fantastiese diere maksimaal benut. Die perd met sy unieke eienskappe(grootsheid, trots, krag, liefdevolheid, verdraagsaamheid) maak hom 'n wonderlike hulpmiddel in die opvoedingsproses van elke kind en in die persoonlikheidsonwikkeling van elke volwassene.
Naas die perd (wat altyd deel is van alle aktiwiteite) word die KOGNITIEWE ONTWIKKELINGSBAAN) gebruik om o.a. skeppende, geordende en logiese denke te ontwikkel, samewerking in groepsverband te bevorder en om selfvertroue en ook vertroue in die ander groepslede te ontwikkel.
- Veldskoolkampe
- Leierontwikkelingkursus
- Spanbou
- Naweekuitritte
- Landsdienskampe
- Voortrekkerkampe
- Anglo Boere-Oorlog
- Penkoppe en Drawwertjies
*KAMP REELS (PDF)
Veldskoolkampe
Mooikrans Equus bied 'n unieke alternatief vir die bekende veldskoolgedagte. Skole kan 'n keuse maak uit die verskeidenheid van onderwerpe wat deur die span van Mooikrans aangebied word. Die praktiese komponent van elke onderwerp maak 'n blywende indruk op elke leerling.
Alle aktiwiteite word deur die personeel aangebied en behels onder meer:
- Daaglikse perdryafrigting vir beginners en uitritte in die veld.
- 'n Dag se langafstanduitrit met piekniek in die veld.
- Kort lesings oor perde, bv. die lyftaal van 'n perd, perdesiektes, die versorging van my ryperd, die keuse van 'n geskikte ryperd ens.
- Houtwerk doen, klei osse maak, en skape skeer.
- Koeie melk, kalwers en lammers melkgee, eiers uithaal, ander plaaswerkies soos voer vir die diere uitry met die sleepwa.
- Kalwers ry of die kwaai skaaprammetjie terg
- Swem in die plaasdam, kleilat gooi, moddergevegte en ander avontuurlike buitespeletjies soos lanternbekruip en vlagroof.
- Perdekarretjie en trekkertjie-en-sleepwa uitritte.
R220.00 p/p per dag
R200.00 p/p per dag vir groepe meer as 50 persone.
Leierontwikkelingkursus
Hierdie kursus bied aan elke kind die geleentheid om die leierseienskappe waaroor hy mag beskik, te ontwikkel en uit te bou. Dit sluit in vaardighede soos selfvertroue, verantwoordelikheid, kommunikasievaardighede, probleemoplossing; die hantering van kritiek en krississe.
Die Kognitiewe Ontwikkelingsbaan ontwikkel redenering, logiese denke, doelwitstelling en doelwit identifisering, samewerking in groepsverband en die opbou can vertroue in die groepslede. Kinders met sterk leierseienskappe kan maklik geïdentifiseer word.
R220.00 *ook aangebied tydens plaasvakansies.
R220.00 p/p per dag
Spanboukampe
Spanboukampe word vir die reeds gekose leiers van 'n skool aangebied.
Van die onderwerpe wat hanteer word, is:
- Wat verwag die skool van my
- Beplanningsmetodiek vir projekte, funksies, ens.
- Samewerking in groepsverband
- Motivering van medeskoliere
Landsdienskampe
Ons pragtige omgewing en die natuurskoon van ons plaas, waar ons beweegruimte van ongeveer 4 000 ha het, bied die geleentheid vir Landsdiensgroepe om hul kennis van die natuur uit te bou.
'n Groot verskeidenheid grassoorte, veldplante en 'n wye verskeidenheid wildspesies word op Mooikrans aangetref. Silwerskoon fonteine ontspring uit die plaas en vorm standhoudende waterlope. 'n Pragtige bloekombos bied genoeg skuiling vir 'n avontuurlike "buite-slaap" onder die sterrehemel.
Voortrekkerkamps
Voortrekkerspanne kom na Mooikrans om hul kenteken in ruiterkuns te verwerf. Lesings in hierdie verband word deur die kundige personeel van Mooikrans aangebied.
Voortrekkers Spesiale Onderskeidingskentekens
Vir Voortrekkers is dit dus dié plek en geleentheid om verskeie Spesiale Onderskeidingskentekens te verwerf.
Die VOORTREKKERS se Nasionale Jeugberaad is vanjaar op MOOIKRANS gehou gedurende die langnaweek in April. Dit was vir Mooikrans 'n voorreg om hierdie lieflike beweging tot diens te wees. Altesaam 95 Verkenners het hul Ruiterskapkenteken hierdie naweek verwerf.
Anglo Boere-Oorlog (Voorgestelde program)
'n Besoek aan Mooikrans vir die Anglo Boere-Oorlog kan as volg beplan word:
- 15:00 Vertrek na Mooikrans
- 17:00 Ry oor Standerton en besoek die konsentrasiekamp kerkhof op Standerton. Besoek ook die monument wat opgerig is vir mev. Magrietha Swart wie se agt kindertjies, in die tydsbestek van 'n enkele week, gesterf het.
- 19:00 Stop op Morgenzon by die NG Kerk Terrein by die Monument vir Boerekrygers wat gedurende die oorlog gesterf het.
- 19:30 Ry oppad na Mooikrans, verby die bekende baken, Bloukop, waar skermutselings tussen die Boere en die Britte plaasgevind het. Daar is nog oorblyfsels te sien van die heliograafstasie wat gedurende die oorlog gebruik is.
- 19:30 Aankoms op Mooikrans Equus.
- 20:00 Aandete en Opwas
- 21:00 Lesing vir voornemende ruiters. "Die gedrag van die perd, sy lyftaal en van watter betekenis dit vir die voornemende ruiter kan wees."
- 22:00 Kort oorsig oor die rol van die perd in die Anglo Boere-oorlog
- 22:30 Nagmars van +3 km. Hou koers m.b.v. die sterre. Beklemtoon die onherbergsaamheid van die Hoëveld gedurende die wintermaande, tydens die Verskroeide Aardebeleid van die Engelse.
- Aandgodsdiens. Slaaptyd
Saturday - 6:00 Op staan. Voer die plaasdiere. Oggendgodsdiens. Ontbyt
- 8:30 Perdry. Beginners leer in ryskool. Ervare ruiters ry uit in die veld.
- 13:30 Middagete. Stokbrood by die plaasdam.
- 14:30 Swem en kleilatspeel
- 18:00 Uitstappie na die kranse om die sonsondergang te beleef.
- 20:00 Aandete
- 21:00 Videovertoning: Slag van Majuba
Sondag - 7:00 Opstaan, ontbyt, voer die plaasdiere. Oggendgodsdiens.
- 9:30 Perdry
- 13:00 Middagete
- 15:00 Vertrek
Penkoppe and Drawwertjies
• Anglo Boere-Oorlog
• Veldkook
• Dierekennis
• Plaaslewe
• Ruiterkuns
• Sterrekunde
• En nog vele meer!
TARIEWE
KAMER IN KAMPHUIS :
Eie beddegoed en handdoek
R400.00 enkel p.p./dag (uitsluitend etes en alle aktiwiteite)
R300.00 dubbel p.p./dag (uitsluitend etes en alle aktiwiteite)
OPVOEDKUNDIGE KAMP:
Uitstekend vir Veldskool, Jeugkampe, Landsdiens, Voortrekkers, Leiersgroepe en Leiersontwilkkeling.
R240 p.p./dag (insluitend etes en alle aktiwiteite)
Leiersontwikkelingskamp - Kursus aanbieding ingesluit
R250 p.p./dag
Spesiale tarrief van R220 p.p./dag vir groepe meer as 50 mense.
Nie gedurende skoolvakansies nie
Etes en aktiwiteite ingesluit.
NAWEEK WEGBREEK
Vrydagmiddag tot Sondagmiddag
R750 p.p. (insluitend etes en alle aktiwiteite)
LANGNAWEEK
Donderdagmiddag tot Sondagmiddag
Vrydagmiddag tot Maandagmiddag
R950 p.p. (insluitend etes en alle aktiwiteite)
OORNAG TE VELD
Strek oor 'n naweek en is die perfekte manier om sielsrus te vind. Slaap Saterdagaand in die Veldhut met perd en heerlike kampvuur.
Minimum van 6 mense
R1,200 p.p. (insluitend etes en alle aktiwiteite)
PERDRY
Dagbesoekers
Ryskool les -- R120 p.p. /les
Begeleide uitrit in Veld -- R180 p.p. (2 ure)
Oggendrit in Veld met Sjampanje Ontbyt -- R220 p.p.
Voldag Uitrit in Veld met Ligte Middagete -- R280 p.p.
**Alle tariewe onderhewig aan verandering sonder kennisgewing
*TARIEWE (PDF)
