In die Landbou rigting kan daar gekies word uit 32 vakke en die student stel self sy kursus saam. ‘n Internasionaal-erkende sertifikaat word toegeken aan kursusse wat suksesvol voltooi word. ‘n Gevorderde sertifikaat kan verwerf word deur ekstra vakke te neem en die kursus dan te versprei oor ‘n tydperk van twee jaar. Die kursusse word aanlyn gedoen by AUSTRALIA CORRESPONDENCE SCHOOL. Sien www.acs.edu.au vir die verskillende kursusse.