Ons Blaaie

Koordinate

S 26 56, 234

O 29 44, 328

Kontak Ons

Plaas Mooigelegen, Mooikrans Equus

Amersfoort, Mpumalanga

2490

Tel: 083 732 8172
Epos: elna@mooikrans.co.za

  • YouTube - White Circle
  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle

© 2019 by Mooikrans Equus | Created by HEADLIGHT MEDIA

MOOKRANS OPLEIDING-AKTIWITEITE

Ruiterskap:

  • Perdryafrigting volgens die Western-rystyl in die arena.

  • Die aanjaag van beestroppe met die perde. 'n Heerlik ondervinding.

  • Hoe werk ek met die ongeleerde perd sodat hy sy natuurlike vrees vir die mens oorwin?

  • Natuurlike tropgedrag, rangorde in 'n trop.

  • Basiese versorging van my ryperd. Perde wat op stal staan teenoor perde wat in die veld wei.

  • Behandeling van die uitwendige parasiete en die inwendige parasiete.

  • Bepaling van die perd se gewig, temperatuur, hartklop en kappilêre terugvloei.

  • Hoefversorging

  • Perdrytoerusting: Die versorging van sale en tome en gebitte - Engelse sale en toerusting, Cowboy-sale en -tome.

  • Uitritte op die historiese roete langs vergane opstalle en begrafplase uit die vorige eeu, einding by die Voortrekkergraf, ete uit rugsak.

  • Terapeutiese klasse met klem op die perd as hulpmiddel.

  • Perdgefasiliteerde psigoterapie.

  • Kort ritte, ongeveer 30 minute.

  • Swem met die perde in die plaasdam.

  • Avontuurbaan vir perde. Spring oor die spruit, oor boomstompe en ploeg deur die modder.
    Slegs vir ervare ruiters.

  • Langafstand-uitrit na bavaria-gebied en historiese terrein, slegs vir baie ervare ruiters, vertrek om 07:00 en keer terug om 19:00. Deurkruis die Vaalrivier, onveer 35 km.

Die Natuur:

  • Stap deur die vleilande, die proses van suksessie, ekologie, oewerbewoners, waterlewe, voedselketting.

  • Klein vissies wat aan jou voete kom peusel vir dooie selletjies.

  • Staproetes al met die eskarp langs. Uitken van verafgeleë bakens, die berg Majuba, Bloukop waar skermutstellings tussen die Engelse en Boere plaasgevind het, Graskop met sy duisend ganse, Perdekop waar die Boere hul perde gehou het om die gevreesde Perdesiekte muggie te ontwyk.

  • Voëllewe: Sekretarisvoëls, kraanvoëls, bleshoenders, kolganse, wildermakoue, tarentale.

  • Wild: Vaal ribbokke, duikertjies, steenbokkies, ystervarke, hase, miervreters, meerkatte, muishonde, muskeljaatkatte en jakkalse. Die bedreiging van totale uitwissing van hierdie spesies.

  • Sterrelesing onder die sterrehemel in die skoon lug van Amersfoort.

  • Nagmars om die wydheid van die veld en die veiligheid van die omgewing te geniet.

  • Stap in die veld met piekniek vir middagete.

  • Oornag in die afgeleë hartbeeshuisie.

  • Oornag in die bos in die Cowboy-hut.

Plaasdiere:

  • Voer die plaasdiere, beeste, skape, varke, hoenders, ens.

  • Beleef die brand (merk) van die beeste wat deesdae wetlik verplig is weens veëdiefstalle.

  • Dosering en inenting teen parasiete en siektes. Praktiese ervaring.

  • Skape skeer

  • Koei melk

  • Besoek 'n melkery

  • Besoek 'n hoenderplaas.