

EQUUS-WETENSKAPPE
TOELATINGVEREISTES: MATRIEK EN OUER AS 18
MOOIKRANS is sedert 2000 wyd bekend vir ons perde wat daagliks vry, gesond en gelukkig op ons hoëveld se wye vlaktes woon, onmeetlike plesier verskaf aan talle ruiters, reuse bydraes lewer in die karakterontwikkeling van jong kinders en bydra tot die handhawing van geestesgesondheid by talle jong volwassenes. Die dawerende positiewe uitkomstes van die Perdondersteunde Terapie en Leer rylesse wat op Mooikrans aangebied word, word uitsluitlik toegeskryf aan die unieke eienskappe waaroor hierdie wonderlike diere beskik.
STUDIERIGTING 1 PERDE WETENSKAPPE
STUDIERIGTING 2 PERDONDERSTEUNDE TERAPIE EN LEER
Alle studente wat in die EQUUS WETENSKAPPE inskryf, is verplig om MOOIKRANS se Interne Modules te doen. MOOIKRANS benader die perd volgens die eeue-oue beginsels van “Natural horsemanship” of soos dit op MOOIKRANS genoem word: Perdgerigte Ruiterskap.
‘n Nuwe wêreld gaan vir die student oop en die perd word leer ken as die uniek geskape wese wat veel meer is as die dier wat in die veld loop. Ons bestudeer die perd se inherente natuurlike eienskappe soos sy behoeftes, lyftaal, gedrag en vele meer, in diepte. Daarom kan ons sy reaksie op ‘n bepaalde stimulus, sekkuur antisipeer. Dit gee ons ‘n groot voordeel in die hantering van enige perd.
Praktiese opleiding word meestal op Mooikrans, maar ook elders, gedoen.
Dit is belangrik dat die studente ‘n geakkrediteerde kwalifikasie ontvang en daarom word hulle, bykomend tot die Interne Mooikrans Modules, ingeskryf by een van twee internasionaal erkende instansies, naamlik:
ACS DISTANCE EDUCATION in Australië
STRIDESTOSUCCESS in Amerika
‘n INTERNASIONAAL ERKENDE NOODHULP KURSUS is ingesluit in die EQUUS WETENSKAPPE
In die EQUUS WETENSKAPPE word twee verskillende studierigtings aangebied, naamlik:
STUDIERIGTING 1: PERDE WETENSKAPPE
Hierdie kursus word aanlyn gedoen deur ACS DISTANCE EDUCATION, AUSTRALIA
o Advanced Certificate in Applied Management (Horses) 900h
Equine management. Learn about horse care, horse psychology, pasture management, stable design, and more.
o Advanced Certificate in Equine Studies 900h
Horse husbandry and management. Learn how to manage an equine facility, service or farm, and plan equine events, such as horse shows, trade shows, and more.
o Certificate in Equine Husbandry 600h
Horse management. Learn how to keep and care for horses, on grass or in the stable.
o Statement of Attainment:
Equine Behaviour,
Horse Care,
Horse Breeding,
Animal Health, etc. 100h each
Each module in the Certificate/Advanced Certificate is a short course in its own right, and may be studied separately.

Lees meer by: www.acs.edu.au > COURSES > Equine/Education / Pshycology
ACS DISTANCE EDUCATION
'n Hoër Sertifikaat kan verwerf word deur die vereiste kombinasie van modules te voltooi. Lees meer op ACS se webblad om die rigting te vind waarin jy die meeste belangstel. Die Hoër Sertifikaat vereis 9 modules (900 uur studietyd). Dit is vir toegewyde studente moontlik om sy/haar sertifikaat in een jaar te doen maar dit stel hoë eise aan die student. ‘n Tweede jaar op Mooikrans is dan ‘n moontlikheid. Dit is ook moontlik om in te skryf vir 5 modules vir die eerste jaar en om dan die res deeltyds te doen in die daaropvolgende jaar.
'n Standaard Sertifikaat vereis 6 modules (600 uur studietyd) en kan dus baie maklik in een jaar se studietyd gedoen word.
Enkel Modules kan ook geneem word. Elke module vereis 100 uur se studietyd.
STUDIERIGTING 2: PERDONDERSTEUNDE TERAPIE
EN LEER
Hierdie kursus word aanlyn gedoen deur STRIDES TO SUCCESS, Amerika.
• Online classes for students enrolled in the Mooikrans program that would include the following:
o Online Therapeutic Riding Apprentice Course
o Online Introduction to equine assisted learning/ therapy
• Provide 4 one hour of phone class via Zoom.
.
• A Strides to Success certificate of completion will be issued to each student on successful completion of each course.

WAT MOET EK KIES?
1. PERDE WETENSKAPPE ALGEMEEN
Indien die student nie belangstel in terapie nie, maar tog in perde wil spesialiseer, word hierdie rigting aanbeveel. Deeglike kennis van die perd en kennis van al sy behoeftes word verwerf sodat die student aan die einde van die jaar ‘n ware “perdemeester” genoem kan word.
ACS Distance Education (Australië) se kursusse bied ‘n internasionale kwalifikasie.
Kundigheid en praktiese opleiding besorg ‘n kandidaat ‘n voorsprong wanneer ‘n vakante pos gevul moet word.
Studente het hier ‘n wye keuse van vakke waaruit hulle kan kies.
Vir meer inligting oor die vakke en inhoude daarvan kan u meer lees by ACS DISTANCE EDUCATION. Dit is ook moontlik om modules uit die Sielkunde te kies, bv. Child Pshychology, Counselling Children, of enige ander module. Dit is te veel om hier te noem. Indien die student graag ‘n kombinasie van Equine modules en Sielkunde modules wil doen word so ‘n versoek aan ACS gerig. (Lees meer oor die inhoude van die modules by www.acs.au)
Mooikrans betaal jaarliks die inskrywingsgeld vir een van hierdie modules . Indien die student twee module of drie modules wil doen word hulle deur Mooikrans ingeskryf maar die koste is vir die rekening van die student.
2. PERDONDERSTEUNDE TERAPIE EN LEER
Indien jy graag ‘n beroep wil volg waar jy kinders met leerprobleme en emosionele probleme ondersteun deur van die perd in die proses gebruik te maak, is Perdondersteunde Terapie en Leer die regte rigting vir jou.
Strides to Success van Amerika, se teorie en praktyk, ondersteun hierdie kursus en bied die geleentheid vir ‘n internasionale kwalifikasie. Daar is in Suid-Afrika en in oorsese lande ‘n groot aanvraag vir gekwalifiseerde persone.
PRAKTIES:
Weens die groot praktiese komponent van die studie is dit nie moontlik om die studies aanlyn te doen nie. Studente besoek perde plase, skoue en ander interessante besoekpunte en gaan op lang eendag uitritte en tweedae uitritte waartydens hulle ‘n nag in die veld deurbring.
INTERNE MODULES SE SILLABUS
(VERPLIGTEND VIR ALLE STUDENTE)
EERTSE SEMESTER
1. KURSUSSE: Inleidende kursusse tot Perdgerigte Ruiterskap (Natural Horsemanship) Hoefversoring
PRAKTIES - Versorging van hoewe/doseer en spuit
2. GESKIEDENIS EN ONTWIKKELING VAN DIE VERSKILLENDE RASSE
PRAKTIES - Navorsing oor die ontstaan en die ontwikkeling(aanpassing) van die perderas van jou keuse. Klasaanbieding.
3. ANATOMIE en FISIOLOGIE VAN DIE PERD
PRAKTIES Dissektering van ‘n hoender
4. VOEDINGSBEHOEFTES VAN DIE PERD
PRAKTIES Ontwikkel ‘n voerformule
5. TEEL VAN PERDE
PRAKTIES Besoek Calela en ander Stoettelers
6. HANTERING/SKOLING/OEFENINGE
PRAKTIES Kyk na verskillende video’s om te bepaal of jou perd mank is en watter poot of been seer is.
7. HOE WERK DIE PERD SE BREIN
PRAKTIES Leer vir jou perd ‘n oorspronklike toertjie om te vertoon
TWEEDE SEMESTER
8. DIE LEER VAN ‘N JONG PERD
PRAKTIES Die leer van ‘n jong perd
9. GRONDWERK
PRAKTIES Gaan op ‘n een dag uitrit. Ongeveer 20km
10. OORNAG MET JOU PERD IN DIE VELD
PRAKTIES 40km oor twee dae
11. AANBIED VAN ‘N RYLES
PRAKTIES Bied ‘n ryles van 15 min vir jou medestudente aan.
12. STAL VAN PERDE
PRAKTIES Bou ‘n stal. Versorg stalle
13. WAARNEMING VAN TROPGEDRAG: IN DIE DAG en IN DIE NAG
PRAKTIES Bring 3 ure by die perde deur per keer.
14. DIE PERD SE GEBRUIK IN PERSOONLIKHEIDSONTWIKKELING, TERAPIE EN LEERPROSESSE
Spesiale behoeftes Verskillende instansies NARHA, EFMHA, STRIDESTOSUCCESS, PATH
PRAKTIES Werk ‘n les uit vir ‘n ruiter wat ‘n ligte leerprobleem het
15 METING Meet eenhede: oppervlaktes, hoogtes, afstande, volume, massa.
PRAKTIES Bepaal die inhoud, lengte, hoogte, vol, oppervl, ens. van verskillende items
16. BEPLANNING EN OPRIGTING VAN ‘N EIE BESIGHEID