Ons Blaaie

Koordinate

S 26 56, 234

O 29 44, 328

Kontak Ons

Plaas Mooigelegen, Mooikrans Equus

Amersfoort, Mpumalanga

2490

Tel: 083 732 8172
Epos: elna@mooikrans.co.za

  • YouTube - White Circle
  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle

© 2019 by Mooikrans Equus | Created by HEADLIGHT MEDIA

Diegene wat belangstel in perde en ‘n beroep daarvan wil maak, kies uit Horse Care, Equine Behaviour en vele ander vakke, terwyl die studente wat geinteresseerd is in Perd-Ondersteunde Terapie, ‘n gespesialiseerde en beroepgerigte kursus doen. Hierdie kursusse word aanlyn gedoen.

Uiteraard is die studie van die perd ook hierby ingesluit (Mooikrans se interne kursusse) omdat suksesvolle perd-ondersteunde terapie slegs kan plaasvind indien die fasiliteerder oor deeglike kennis van die perd beskik. Mooikrans se trots, ons trop van 50 perde, bied geleentheid vir aangename praktiese opleiding.

Studente maak ‘n keuse tussen Studierigting 1 en Studierigting 2. Dit kan nie gelyktydig gedoen word nie.

EQUUS-WETENSKAPPE MET CBEIP

STUDIERIGTING 1: EQUINE BEHAVIOUR, HORSE CARE EN ANDER KURSUSSE

Hierdie kursusse word aanlyn gedoen by ACS DISTANCE EDUCATION (Australië) en word deur 9 ander lande erken.

Opeenvolgende kursusse: Horse Care 1, Horse Care 2, Horse Care 3.

 

ANDER JAARKURSUSSE WAT BY ACS GEDOEN KAN WORD IS:

 

Business Management.

Equine Behaviour.

Child and adolescent mental health.

Counseling children.

 

Studente kan ‘n maksimum van 3 vakke per jaar neem.

STUDIERIGTING 2: PERD ONDERSTEUNDE TERAPIE MET CBEIP

Hierdie kursus word in twee dele aangebied.

EERSTE SEMESTER

Aanlynkursus by STRIDES TO SUCCESS, Amerika, ‘n affiliaal van PATH Intl – die wêreldleier in PERD-ONDERSTEUNDE TERAPIE.   Sien www.stridestosuccess.org . Die inhoud van hierdie kurus voldoen aan die vereistes vir akkreditasie by die CBEIP-EIF. (Sien Tweede Semester.)

Praktiese lesse met kinders met spesiale behoeftes word op weeksdae aangebied.

 

STRIDE TO SUCCESS-KURSUSINHOUD

 

HorseWork Equine Assisted Learning Manual

 

What is EALT? Definitions Theoretical Framework

Specialties. Education, Mental Health

Corporate and Leadership Development, Personal Growth and Leadership

Scope of Practice/Work

Facilitation and the Characteristics of a good facilitator, The Process of Facilitation

COASTR Check in Opening Activity Shift Reflection

Incorporating Horses into EALT

Designing Activities, Assessment, Planning, Preparation, Logistics, Evaluation, Appendix

 

Die suksesvolle student ontvang ‘n internasionale sertifikaat.

 

TWEEDE SEMESTER

 

Voorbereiding vir toelating tot die CEIP-EIF-eksamen.

 

Vereistes:

 

  • Bewys van minstens 1 000 (duisend) uur perd-interaktiewe opvoedkundige sessies

  • Bewys van minstens 100 uur opvoedkundige sessies en opleiding in die volgende kategorië:

  • Opleiding in fasilitering met perde (40 uur min)

  • Bywoning van ‘n perd-interaktiewe konferensie, werkswinkel, ens. (40 uur min)

  • Formele opleiding in perdemeesterskap (20 uur min)

  • Slaagpunt in die CBEIP-eindeksamen (Certification Board for Equine Interaction Professionals)

 

Studente met Graad 12 as hoogste akademiese kwalifikasie skryf in vir CEIP-EIF eksamen,  studente met ‘n BA/BEd graad skryf in vir die CEIP-ED-eksamen en studente met ‘n Sielkunde graad skryf in vir die CEIP-MH (Mental Health)-eksamen.

3. INTERNE KURSUSSE

Teorie en Praktyk

Anatomie en fisiologie van die perd. Gedrag, behoeftes, gesondheid, siektes, tropgedrag en lyftaal. Afleer van verkeerde gedrag soos skop, byt en andere. Korrekte leermetodes, afrigting, skoling.

4. VERPLIGTE BYVAKKE

Besigheidstudies, Entrepreneurskap, Leierskapontwikkeling, Lewensvaardighede

Noodhulp 1, 2 en 3 (Nasionaal erken)

5. KWALIFIKASIE

Aan die einde van die jaar ontvang suksesvolle studente internasionaal erkende sertifikate en sertifikate vir die interne kursusse wat op Mooikrans gedoen is.

6. MENTOR

Elna Wahl is ‘n kundige op die gebied van Perdewetenskappe en Perd-Ondersteunde Terapie en het meer as 40 jaar se ervaring in hierdie veld. Sy skryf artikels, doen radiopraatjies en tree dikwels op as openbare spreker oor hierdie onderwerp. 

Elna het gedurende 2019 ‘n werkswinkel oor Perd-ondersteunde Terapie bygewoon in Tallebudgera, Australië. Dit het veral gehandel oor die fisiologiese belewing en verwerking van trauma met behulp van perd-interaktiewe sessies.

Sy is deur Stridestosuccess in Amerika genooi om hulle in 2020 te besoek vir ‘n week se intensiewe opleiding en beplan om dit reeds in die eerste helfte van die jaar te doen.

Dit alles verseker dat die opleiding wat op Mooikrans aangebied word op internasionale standaard is.

IS HIERDIE STUDIES BEROEPSGERIG?

Daar is talle gewone ryskole waar daar ook terapie gedoen word. Alhoewel daar wonderlike werk gedoen word wat blywende voordele vir mense met spesiale behoeftes inhou, is daar ‘n groot behoefte aan werklik opgeleide en gekwalifiseerde mense om hierdie vorm van terapie aan te bied.

In Amerika, Kanada en Australië is perd-ondersteunde sielkundige terapie baie bekend en is die uitkomstes daarvan nie alleen uiters suksesvol nie, maar is in baie gevalle so dramaties dat dit as aangrypend bestempel kan word.

Op Mooikrans het ons die afgelope 20 jaar wonderwerke beleef. Van klein kindertjies met balansprobleme, skoolkinders met leerprobleme, tieners met hoë angsvlakke, tot volwassenes met Post Traumatiese Stresversteuring, en vele meer.

Ons doelwit is om meer mense op te lei, sodat meer mense die wonderlike heling wat die perd kan bring kan ervaar.

Ons is oortuig daarvan dat studente met hierdie opleiding ‘n baie groot impak gaan maak in die erdryskoolbedryf, en veral in die Perd-Ondersteunde Terapie industrie. Ons sien dit reeds gebeur met ons studente wat werksaam in hierdie die veld is, al is dit nog op klein skaal.