Ons Blaaie

Koordinate

S 26 56, 234

O 29 44, 328

Kontak Ons

Plaas Mooigelegen, Mooikrans Equus

Amersfoort, Mpumalanga

2490

Tel: 083 732 8172
Epos: elna@mooikrans.co.za

  • YouTube - White Circle
  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle

© 2019 by Mooikrans Equus | Created by HEADLIGHT MEDIA

STUDENTELEWE:
AVONTUUR, PLAASLEWE, PERDRY,
BOERE DAE, INWONING OP MOOIKRANS KAMPUS, PRAKTIES OP PLASE

Studente woon in op Mooikrans, draf klas op die Mooikrans kampus en geniet studentelewe in die wydheid van die hoëveldse vlaktes.

Ons besoek stoetboerderye van beeste, skape, perde en woon boeredae en inligtingsdae by wat handel oor die vele fasette van boerdery.

Die Equus-studente kry die geleentheid om met jong ongeleerde perde en ook voorheen getraumatiseerde perde te werk. Ons benader ons perde volgens perdgerigte ruiterskap, meer bekend as Natural Horsemanship. Ons besoek bekende perdetelers en woon skoue by waar verskillende perderasse vertoon word.

Uiteraard is daar op Mooikrans die geleentheid om ‘n uitstekende ruiter te word. Ook die Landboustudente word kranige ruiters. Ons almal gaan dikwels op ‘n voldag uitrit en keer eers teen skemeraand terug.

Die dag word opgedeel in 4 periodes waarvan die laaste periode ‘n sportperiode is. Ons ry fiets, speel sokker, drombal, ringtennis en rugby.

Sondae ry ons met die bus kerk toe.

Studente gaan tuis in enkel- en dubbelkamers. Ons geniet daagliks drie etes. Koffie en tee word vier keer per dag bedien. Die wat tussenin honger word kom, maak vir hulle ‘n broodjie in die kombuis.

STUDENTESAKE

Die studente gaan tuis in dubbelkamers/enkelkamers. Drie etes per dag word voorsien. Bywoning van aandete en Godsdiens is verpligtend. Studente slaap elke aand in hul kamers op MOOIKRANS tensy daar spesiale reëlings van toepassing is.

MOOIKRANS se gedragsreëls geld vir alle studente. Die studente teken ‘n onderneming om by die reëls te hou.

Wanneer prakties gedoen moet word, word die studente met ‘n bussie na die spesifieke plaas geneem en dieselfde dag weer teruggeneem. Hierdie plase is binne ‘n radius van 20 km van MOOIKRANS. Lesings vind meestal plaas op die MOOIKRANS kampus. Lesings kan ook elders plaasvind, byvoorbeeld met die wolskool.

BRING SAAM:

Beddegoed – duvet en kussing. Ekstra kombers vir die wintertyd.

Flitslig, rugsak, waterbottel en waterstewels (gumboots)  

4 afskrifte van dentiteitsdokument,

Skryfbehoeftes (3 x eksamenblokke, penne en een dik liaseerlêer.

KLEREDRAG:

Skoene waarmee perd gery kan word. Stewels. Denim-langbroeke. Gemaklike stapskoene. Kraaghemde met moue (vir beskerming teen die son) is ‘n vereiste.

Waterskoene (gumboots)

Hoed. Enige breërand tipe. Stetsons is te koop op Mooikrans teen R700.

Plaasklere waarmee gewerk kan word. Kakie of denim.

Op dae wanneer gaste ontvang word, word Mooikrans se formele drag gedra. Hemde is te koop teen R250 en baadjies teen R350. Die formele drag word ook gedra wanneer Mooikrans op ‘n formele uitstappie gaan, byvoorbeeld na ‘n perdeveiling of na ‘n boeredag.

Netjiese broek en hemp vir Kerk. Genoeg warm klere vir die winter.

ELEKTRISITEIT OP MOOIKRANS

Die gebruik van selfone, rekenaars en ander elektriese apparate word oordeelkundig bestuur omdat Mooikrans gebruik maak van sonkragenergie. Daar is selfoon laaigeriewe in die studentekamers en laaipunte vir rekenaars in die studentesentrum.

Studente is verantwoordelik vir die netheid van hulle kamers. Daar word gereeld inspeksie gedoen. Studente was hulle eie wasgoed met ‘n wasmasjien in die waskamer. Hulle stryk self indien strykwerk nodig is.

Ons gaan dikwels dorp toe (Amersfoort) en studente kan die nodige toiletware en ander persoonlike goedere daar aankoop.

Studente mag hul eie gordyne in hulle kamers ophang. Mooikrans se gordyne moet ingegee word indien die kamer se gordyne verander word. Geen prente mag teen die mure aangebring word nie. Elke student het ‘n bed, hangkas, bedkassie en ‘n stoel in sy kamer. Daar is enkelkamers en dubbelkamers. ‘n Lessenaar en boekrak word in die lesinglokaal voorsien.

‘n Slimfoon (smart fone) is voldoende om inligting op internet te bekom.  Indien studente iets wil druk word Mooikrans se printer gebruik. ‘n Skootrekenaar of ‘n tablet kan gebruik word. Werksopdragte word skriftelik en/of elektronies gedoen. WiFi is beskikbaar. Die beste sein vir telefone is MTN, maar Vodacom en Cell C word ook opgevang.